Dalwer Trots

DEO VOLENTE – God gewillig

Lugfoto van skool

Ons Geskiedenis

Laerskool Dalview het sy deure geopen op 14 Oktober 1947…

Onderrig begin in sewe tydelike klaskamers as ‘n parallel medium skool van Graad 1 tot Standerd 3 (Graad 5). Die skool bly ‘n parallel medium skool tot einde 1978 en word toe ‘n Afrikaans medium skool.
 
Laerskool Dalview streef daarna om ‘n unieke, Christelike, kultuurgerigte skool binne ‘n kindervriendelike omgewing te wees, waar ‘n sterk band tussen skool, ouerhuis en leerlinge bestaan. Ons fokus op die optimale ontwikkeling van ons leerders se kennis en vaardighede. Ons strewe daarna om elke unieke leerder te lei om ‘n verantwoordelike volwasse landsburger te word. Ons is ‘n gewone skool met buitengewone geleenthede.
 
Die skool se akademiese standaard is baie hoog en ons skool blink uit by distrikdeelname en eksterne olimpiades.
Die skool bied aan elke kind die geleentheid om te ontwikkel volgens sy eie potensiaal. ‘n Wye verskeidenheid sportsoorte word aangebied nl. atletiek, hokkie, krieket, landloop, mini-krieket, netbal, rugby, skaak, swem, tennis en tweekamp.
 
Die skool bied elke vyfde jaar ‘n massa revue aan, neem jaarliks deel aan die Brakpan kunswedstryd, redenaars, koor kompetisies en revue kompetisies.
 
Laerskool Dalview, onder leiding van Mnr. Chris Pretorius, beskik oor puik opgeleide personeel, wat die onderwys sien as ‘n roeping.

Ons Hoof

Mnr. Chris Pretorius

sesde skoolhoof van hierdie SPOGSKOOL!

Laerskool Dalview wil voortbou op die stewige fondasie en prestasies van die verlede.

Daar word gesê dat ‘n belegging in die onderwys, ‘n belegging in die toekoms is; daarom wil ek elke ouer en onderwyser bedank wat deur die jare in Dalview belê het en steeds doen. U verseker dat ons telkens ons leuse gestand doen en altyd hoër streef.

Laerskool Dalview is ‘n skool met trotse karakter. Mag ons hierdie karakter selfs nog verder uitbou deur saam te staan, hard te werk en mekaar te koester.

Laerskool Dalview is ‘n skool waar daar al ‘n trotse 74 jaar lank gewoeker en gewerk word. Die skool se leuse : “Ons Strewe”, is die goue weefdraad deur al die bestaansjare in hul waardes, geloof en passievolle onderrig. Vandag is die strewe steeds om te bou en te verbeter en sodoende net die beste vir die skoolgemeenskap te verseker.

Elke leerder word as uniek beskou en so gelei dat hulle hul potensiaal ten volle kan ontwikkel en verwesenlik. Om suksesvol te wees, streef Dalwers om op sterkpunte te fokus en nie op swakpunte nie. Leerders word geleer om eie denke te bou in omgewings wat geleenthede daarvoor skep.

Laerskool Dalview se personeel is ‘n span dinamiese, gekwalifiseerde, passievolle onderwysers wat met toegewydheid en entoesiasme elke kind lief het en hul werk ongelooflik baie geniet! Binne sowel as buite die klaskamer, poog ons om ‘n verskil te maak in elke Dalwer se lewe en sien ons beroep as ‘n absolute voorreg!

 

HOOFDE VAN LAERSKOOL DALVIEW

*Mnr. H.A. Verster (Augustus 1948 – Desember 1959)

*Mnr. F.R. de K Gilfillan (Januarie 1960 – Desember 1968)

*Mnr. L.J. Marais (Januarie 1969 – Desember 1992)

*Mnr. D.S. Jacobs (Januarie 1993 – Desember 2004)

*Mnr. T. Weys (Maart 2005 – Oktober 2016)

*Mnr. C. Pretorius (Februarie 2017 – Huidig)

Hoof
LAERSKOOL DALVIEW

Ons Skoollied

Hoog is die vlam wat brand,

in ons skool hier aan die rand,

waar ons elke dag kan leer

en op elke gebied presteer.

 

KOOR

Saam sal ons strewe. Saam sal ons stry,

vir ‘n nasie se toekoms, veilig en  vry!

Laerskool Dalview met jou het ons moed.

Met jou gaan ons bly die toekoms tegemoet.

 

Sterk is die hande wat lei,

wat ons help om koers te kry

en die Heer gee ons die krag

elke dag wat ons op Hom wag!

 

KOOR

Saam sal ons strewe. Saam sal ons stry,

vir ‘n nasie se toekoms, veilig en vry!

Laerskool Dalview met jou het ons moed.

Met jou gaan ons bly die toekoms tegemoet.

Skooltye

Gr. R + RR → 07:30 – 12:45

Gr. 1 + 2 → 07:30 – 12:45

Gr. 3 → 07:30 – 13:15

Gr. 4 – 7 → 07:30 – 13:45

Kwartale 2024

Kwartaal 1 → 17 Januarie – 20 Maart

Kwartaal 2 → 3 April – 14 Junie

Kwartaal 3 → 9 Julie – 20 September

Kwartaal 4 → 1 Oktober – 11 Desember

Skryfbehoeftes

DSC_0002