KULTUUR

Kultuur is ‘n groot deel van die hartklop van Laerskool Dalview!

Daar is op elke terrein geleenthede vir ons kinders om in te skakel, talent te ontdek en te ontwikkel.

Kore

Juniorkoor (Graad 1 – 3)

Seniorkoor (Graad 4 – 7)

Laerskool Dalview het beide ‘n Junior- en Seniorkoor om mee te spog!

Die Juniorkoor bestaan uit 80 leerlinge vanaf Graad 1 – 3 en die Seniorkoor het gegroei en is tans 110 leerders vanaf Graad 4 – 7.

Koorsang bied die geleentheid aan elke leerder om hul liefde vir musiek en sang met ander te deel en om dus so ook vriendskappe te vorm met ander leerders met dieselfde belangstellings. Ons is elke dag dankbaar vir ons God-gegewe talente en benut elke oomblik van koorsang by die weeklikse kooroefeninge.

Koor oudisies vind elke jaar aan die einde van die jaar plaas, waartydens elke skoolkind die geleentheid kry om uit te dun vir die koor. Die oudisies word hanteer deur die koorafrigter Me Chanelle Kaufmann, met die hulp en bystand van die begeleier Me Antoinette Ferreira.

Ons by Laerskool Dalview is bevoorreg om ‘n kultuurmiddag (Maandae) te hê waartydens alle kultuuraktiwiteite byvoorbeeld koor, voorkeur geniet. Daar word hard geoefen om liedere van verskeie genres in ons geselekteerde repertoire ingeoefen te kry.

 

DIE VOLGENDE SKITTERENDE PRESTASIES IS DEUR ONS KORE BEHAAL DEUR DIE JARE:

Ons kore was al aangewys as afdelingswenners by jaarlikse koorfeeste, ontvang Cum-Laude toekennings by die ATKV Applous kompetisie. Ons het ook die voorreg gehad om deel te neem aan die landswye kompetisie “Sing in Harmonie” wat op die televisie kanaal KykNet uitgesaai word en hier het ons met toekennings weggestap soos die beste nuwelinge koor van die jaar en die beste opvoering van Nie-Afrikaanse musiekstuk.

 

“I don’t sing because I’m happy; I’m happy because I sing.” – William James

Revue

Revue is een van die vele kutuuraktiwiteite wat by Laerskool Dalview aangebied word. In die verlede het ons al goeie produksies op die planke gebring nl. Laduma in 2010, We Will Rock You in 2012, Route 71 in 2018 en Infinity in 2022.

Voor 2018 se revue het ons wel bietjie vernuwing ingebring deur ‘n Dalview Fiesta aan te bied vir ons leerders waar hul die geleentheid gegun was om saam met Afrikaanse kunstenaars soos Jay & Lianie, Snotkop, Bobby van Jaarsveld, Gerhard Steyn en Elizma Theron op te tree. Die optredes het plaasgevind op ons rugbyveld, asook by die Big Top Arena te Carnival City.

Hierdie jaar bied ons weereens geleentheid aan Gr. 1 – 7 leerders om aan die Revue deel te neem – Dalwer Plesier, die sirkus is hier!.

Redenaars

Laerskool Dalview hou jaarliks ‘n redenaars skool kompetisie, waar leerders teen mekaar deelneem vir ‘n plek in die ATKV-Redenaarspan. Elke fase (Graad 1 – 3, Graad 4 + 5 en Graad 6 + 7) keur 10 leerders om deel te neem aan die Redenaars kompetisie. Elke graad se kompetisie vind in die Afrikaanse klas plaas. Gedurende die skool kompetisie word daar 6 leerders in elke fase gekies om deel te neem aan die ATKV-Redenaars kompetisie.

Ons het al leerders gehad wat in die semi-finaal deelgeneem het.

Kunswedstryd

“Before a child talks they sing. Before they write they draw.

As soon as they stand they dance. Art is fundamental to human expression.”- Phylicia Rashad

 

Die doel van die jaarlikse kunswedstryd is om vir die leerders ‘n regverdige geleentheid te bied waarby elkeen hul eie talente kan ontwikkel om sodoende kuns en kultuur as geheel te bevorder.

 

Die kunswedstryd bestaan uit verskeie afdelings, soos:

Dans / Skryfkuns / Koorsang / Afrikaans / Engels / Instrumentaal / Sang

 

Leerders kan deelneem aan enige van die afdelings. Slegs aanlyn inskrywings word aanvaar deur ge-affileerde lede soos die skool of ‘n privaat instansie. Die bekwame onderwysers van Laerskool Dalview rig die leerders af en kry hul gereed vir hul gekose items. Koste beloop R50-00 per individuele item en R600-00 vir groepe groter as 10 leerders vir 2019.

 

Die kunswedstryd skep ‘n platvorm vir leerders om talente te ontdek, ‘n passie te skep en om groot te droom vir die toekoms!

Me Chanelle Kaufmann

Organiseerder - Koor & Kunswedstryd

chanellekaufmann@yahoo.com

011 744 3708

Me Chané van Schoor / Mnr. Dirk Smith

Organiseerders - Revue (Juniors & Seniors)

chanevschoor@gmail.com / dirksmith1@hotmail.com

011 744 3708

Me Liléne Grobbelaar

Organiseerder - Redenaars

lilygrobbies@gmail.com

011 744 3708