‘n Skool se akademie is die een aspek wat die grootste verskil in ‘n kind se toekoms kan maak. Dit is daarom baie belangrik dat die akademie bydra tot die skep van ‘n positiewe selfbeeld by die kind. Vir hierdie doel word opgeleide, toegeruste personeel benodig wat nog die kind agter die “leerder” raaksien en die individualiteit van die kind erken, terwyl hy/sy begelei word om optimaal te ontwikkel en ‘n passie te kweek vir dit waarin hy/sy uitblink.

Die skool is maar té bewus daarvan dat slegs ‘n klein persentasie van leerders wat tot formele onderrig toetree, hulle skoolloopbane voltooi en dat nog ‘n kleiner persentasie toelating tot universiteite verkry. Die laerskool is die plek waar die fondament gelê word vir suksesvolle, naskoolse akademiese prestasie. Hierdie “venster van ontwikkeling” is reeds verby wanneer die kind sy hoërskooljare bereik.

‘n Klein bietjie meer aandag aan akademiese werk op laerskoolvlak kan leerders ontwikkel wat ‘n beduidende verskil maak in die wêreld wanneer hulle moet leiding neem as volwassenes. Hiervan getuig suksesvolle oud-dalwers wat keer-op-keer weer terugkeer na Laerskool Dalview as ouers en selfs grootouers om die ontwikkeling van hulle kinders en kleinkinders gade te slaan.

LEERPROGRAMME

Die CAPS-kurrikulum word gevolg.

GRONDSLAGFASE
GRAAD R - 3

Graad R - 3 Vakke

  • Huistaal Afrikaans
  • Eerste Addisionele Taal Engels (Graad R bied Engels op informele basis aan.)
  • Wiskunde
  • Lewensvaardigheid
    • Persoonlike en Sosiale Welsyn / Aanvangskennis
    • Liggaamsopvoeding
    • Skeppende Kunste: Uitvoerende Kuns Musiek/Drama, Visuele Kuns
  • Addisionele Vakke
    • Rekenaars

INTERMEDIÊREFASE
GRAAD 4 - 6

Graad 4 - 6 Vakke

  • Huistaal Afrikaans
  • Eerste Addisionele Taal Engels
  • Wiskunde
  • Natuurwetenskappe en Tegnologie
  • Sosiale Wetenskappe
    • Geskiedenis
    • Geografie
  • Lewensvaardighede
    • Persoonlike en Sosiale Welsyn
    • Fisiese Aktiwiteit
    • Skeppende Kunste: Uitvoerende Kuns en Kreatiewe Kuns
  • Addisionele Vakke
    • Rekenaars

SENIOR FASE
GRAAD 7

Graad 7 Vakke

  • Huistaal Afrikaans
  • Eerste Addisionele Taal Engels
  • Wiskunde
  • Natuurwetenskap
  • Tegnologie
  • Sosiale Wetenskappe
    • Geskiedenis
    • Geografie
  • Ekonomiese Bestuurswetenskappe
  • Lewensoriëntering (wat ook Fisiese Aktiwiteit insluit.)
  • Skeppende Kunste:
    • Uitvoerende Kuns
    • Kreatiewe Kuns
  • Addisionele Vakke
    • Rekenaars