Tweekamp

Tweekamp staan ook bekend as Biathle.
Laerskool Dalview is geaffilieer by Ekurhuleni.
Die wedloop is 'n kombinasie van hardloop, swem en weer hardloop.

Ouderdomme Groepe Hardloop Swem Hardloop
0/6-0/8        
Dogter FG 250 25 250
Seuns FB      
0/9-0/10        
dogter EG 400 50 400
seuns EB      
0/11-0/12        
Dogter DG 400 50 400
Seuns DB      
0/13-0/14        
Dogters CG 800 100 800
Seuns CB      

Leerders oefen op hulle eie tye

Atlete moet met tekkies hardloop. Dogters moet met 'n eenstuk baaikostuum deelneem.Seun mag ook met 'n eenstuk
of tweestuk baaikostuum deelneem. Voor atlete swem, moet tekkies uitgetrek word en na swem so gou as moontlik weerhul
tekkies aantrek om verder te hardloop.

Die liga seisoen strek gewoonlik vanaf Oktober tot April van die volgende jaar. Ligas vind op Saterdae plaas. Ekurhuleni gebruik
Laerskool Dalview se gronde. Atlete moet registreer by SAMPA onder Ekurhuleni en kan verder kwalifiseer om aan die Gauteng
Kampioenskappe deel te neem.

Verskeie van ons atlete het al deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe. Elke Provinsie kry 'n kans om die kampioenskappe
aan te bied. 2015 se S.A.Kampioenskappe was in Oos-Londen, 2016 was in Bella-Bella en 2017 vind plaas in George. Een van ons Atlete het in 2015
aan die Wereld Kampioenskappe deelgeneem nl. Cayde de Waal. Hy het 6de plek behaal In 2016 was daar van ons atlete wat deel was van die
Presidents span.