Swem

Die swemseisoen is gedurende die eerste en die vierde kwartaal. Alle leerders van Gr. 1 tot Gr. 7 mag aan die swemuitdunne deelneem, mits hulle kan swem. Vier leerders per ouderdom word vir die A-Span en B-Span gekies en neem deel vanaf 0/9 tot 0/13. Indien daar Gr. 1 en Gr. 2 leerders span behaal, neem hulle deel saam met die 0/9 groep.

Ons spanne neem deel aan die Ekudibeng C-liga streek, waarvan ons in 2018 streekswenners was. Die Intergala vind in die vierde kwartaal plaas.