Skoollied

Hoog is die vlam wat brand,
in ons skool hier aan die rand,
waar ons elke dag kan leer
en op elke gebied presteer.

Koor

Saam sal ons strewe. saam sal ons stry,
vir n nasie se toekoms, veilig en vry!
Laerskool Dalview met jou het ons moet.
Met jou gaan ons bly die toekoms tegemoet.

Sterk is die hande wat lei,
wat ons help om koers te kry
en die Heer gee ons die krag
elke dag wat ons op hom wag!

Koor

Saam sal ons strewe. Saam sal ons stry,
vir n nasie se toekoms, veilig en vry!
Laerskool Dalview met jou het ons moed,
met jou gaan ons bly die toekoms tegemoet.