Rugby

Laerskool Dalview se rugby het nog altyd 'n baie ryk geskiedenis en trotse tradisie. Vir die afgelope 14 jaar is Dalview die
enigste skool in Brakpan wat aan die Valke se Superliga deelneem.

Ons spelers word aan die beste teenstand blootgestel om hulle sodoende die beste moontlike geleenthede te gee vir ontwikkeling.
Jaarlikse toere word onderneem en daar word aan verskeie toernooie ook deelgeneem.

Dalview spog jaarliks met provinsiale spelers, met 2017 wat weer 2 seuns opgelewer het.