Rugby 7s

Laerskool Dalview is slegs een van 2 skole in die Valke laerskole streek wat 7s rugby as 'n alleenstaande sportsoort
in die 4de kwartaal beoefen sedert 2014.

Tans is daar 'n baie groot hoeveelheid skole wat op die 7s wa gespring het en daar is huidiglik verskeie toernooie
waaraan Laerskool Dalview deelneem in die o/11 en o/12 afdelings.

Dalview bied jaarliks die 7s RUGBYFEES tuis in Oktober maand aan.

Ons 7s program is elke seisoen baie suksesvol en lewer goeie rugby op met seuns wat skitterend ontwikkel weens
die klem op vaardighede en geleentheid. Dalview spog ook met 1 provinsiale 7s speler in 2017.