REVUE

Revue is een van die vele kultuur aktiwiteite wat by L/s Dalview aangebied word. In die verlede het ons al goeie produksies op die planke gebring nl. Laduma in 2010 en We Will Rock You in 2012.

Die afgelope 3 jaar het ons wel bietjie vernuwing ingebring deur 'n Dalview Fiesta aan te bied vir ons leerders waar hul die geleentheid gegun was om saam met Afrikaanse kunstenaars soos Jay & Lianie, Snotkop, Bobby van Jaarsveld, Gerhard Steyn en Elizma Theron op te tree. Die optredes het plaasgevind op ons rugbyveld, asook by die Big Top Arena te Carnival City.

Revue vind elke 2de jaar plaas, aangesien ons dit normaalweg afwissel met kunswedstryd. So dus sal ons in 2018 ons volgende revue op die planke bring.

70ste FEESVIERINGE – PLATINUM FEES

Hierdie jaar vier ons die skool se 70ste Verjaardag op 14 Oktober 2017 tydens ons PLATINUM FEES die naweek van 13-15 Oktober 2017. Verskeie aktiwiteite sal gedurende die naweek plaasvind. 4Werke tree Saterdag op. Helene Bester en Kristi-kat tree ook op saam met ons kore.

Daar is verskeie aktiwiteite wat sal plaasgevind het gedurende die jaar om ons verjaardag te vier. Die 1ste kwartaal het ons alreeds 'n "Colour Run" en Boemelaarsdag gehad wat die leerders baie geniet het.