Netbal

Laerskool Dalview speel in die A liga van ons distrik, D5. Dalview het 2 spanne per ouderdoms groep 0/10 - 0/13. Elke ouderdoms groep het 2 afrigters wat gekwalifiseerde skeidsregters is.

Dalview spog met 4 pragtige netbalbane, maar ook met puik spelers! Die dalwers is beslis by elke skool ons as afrigters se trots met gedrag en uithouvermoe!

Ons 0/12 en 0/13 A spanne gaan elke jaar in die Maart vakansie toer wat ons netbal beslis 'n uitstappie hoër vat. Ons 0/13 span speel ook in die Spur reeks voor ons liga. Dalview se netbal ouers word gekenmerk aan positiewe, aanmoedigende ouers. Ouers wat met n oop hart ons spelers borg met bottels, kouse, kop bande en nog vele meer!

Ons spelers oefen hard! Elke Maandag, Dinsdag, Woensdag en Donderdag oefen ons vanaf 14:00 - 15:00. Ektra oefeninge word ook apart gereel, deur afrigters. Ons positiewe ouers oefen nog verder by die huis balvaardighede en fiksheid, wat ons afrigters se hande sterk maak. Hier by Dalview werk ons saam om van krag tot krag net die beste te bedreik.