Leierskamp 26 - 28 Januarie 2018

Goeie Môre Meneer Pretoruis, onderwysers en maats. Vanoggend wil ek julle vertel van die lekker opwindende en leersame leierskamp waarop ons was.

Oppad na ons bestemming, in die luukse bus, was ons almal baie opgewonde om na Camp Discovery te gaan. Dit was 'n lang paar ure en party van ons het dit net-net gemaak. Met ons aankoms het ons almal uit die bus gespring en die vars lug ingeasem. Ons het ons fasiliteerders vir die naweek DK en Elfaans ontmoet en hulle het ons na ons kamers geneem. Ek en Petrie was gekies om verantwoordelik vir die kamers se sleutels te wees en kom ek vertel vir julle "the struggle is real." Na 'n lang dag en laat aand het ons vroeg opgestaan reg vir die dag wat voorlê.

Ons het op 'n wildsrit gegaan waar ons baie diere gesien het, daarna het ons spanbou aktiwiteite in die bos gedoen, en lekker geswem. Toe was dit tyd vir die monster van alle monsters - die modder aktiwiteit. Dit was 'n baie interessante aktiwiteit en 'n ervaring wat ons nie gou sal vergeet nie. Ons moes met ons droë lywe in 'n koue modderpoel gaan sit het en deur 'n klein beknopte drom "leopard crawl" waar ons gesigte half onder die water was en net ons oë het uitgesteek.

Na dit het almal baie getan gelyk. Ons het op toue gebalanseer en gezipline in die modder in, daar was omtrent gebaljaar in die modder. Daardie aand was daar van ons verwag om 'n talent vertoning vir die onderwysers en fasliteerders te reel. Om die aand af te sluit het ons rustig om die kampvuur vir oulaas saam gekuier. Die volgende dag het ons almal met swaar harte terug gekom huistoe.

Dit was 'n naweek vol pret en plesier. Ons het soveel meer van mekaar geleer en is reg vir die jaar wat voorlê met al sy uitdagings. Namens die leerlingraad wil ons net dankie sê aan ons twee leiervoogde Mnr Benade en Juffrou Zuné vir hulle ondersteuning en geduld en ook aan almal wat die kamp vir ons moontlik gemaak het.