Landloop

By Laerskool Dalview word daar landloop aangebied in die 3de kwartaal. Ons as afrigters motiveer die leerders om aan die landloop seisoen
deel te neem omdat dit juis gesien word as n massa deelname sport. So gee dit ook elke leerder die geleendheid om hom of haarself in n sport
uit te leef.

In die landloop seisoen word daar oefeninge vir die leerders by die skool aangebied direk na skool op die skool se terrein. Die byeenkomste vind
gewoonlik plaas op 'n Vrydag middag by Hoërskool Die Anker se sports gronde. Dit kan gebeur dat daar anders besluit word op die skool
en die gronde wat gebruik word. Inligting word voor die tyd aan die ouers deur gegee.

Leerders wat in die liga byeenkomste presteer kry die geleenheid om aan die Groter Brakpan en die D5 byeenkomste deel te neem. Ons doel is om
aan die leerders te bewys dat hul in staat is om als suksesvol te bereik deur dit te geniet, hard te oefen en als wat hul doen met 'n glimlag aan te pak.