Krieket

Laerskool Dalview krieket laerskool dalview neem deel aan die Blesbokspruit Krieketliga wat geaffilieer is by die Easterns Krieket unie. Ons het 5 spanne wat in die A-liga deelneem,naamlik. Onder 9, Onder 10, Onder 11, 2de span en 1ste span. Ons spanne het die afgelope paar jaar uitstekende prestasies behaal en neem ook aan verskeie toernooie deel buiten ons liga. Van die hoogtepunte wat bereik is, sluit die volgende in:

2013

Die onder 10 span wen die Blesbokspruit liga en vorder tot by die semi-finale van die Easterns liga

2014

Die onder 11 span wen die Blesbokspruit liga en vorder tot by die semi-finale van die Easterns liga. drie van die onder 11 spelers behaal die Blesbokspruitspan,naamlik. Nathan Steyn,Jayden Mostert en Ruan Bronkhorst

2015

n Nuwe turfblad word by ons skool in gebruik geneem. Die 1ste span neem deel aan die Trevor Smith Krieketweek in Witrivier en wen 5 van hul 6 wedstryde op toer teen skole van Nelspruit en Witrivier. Hulle neem ook deel aan die KFC Kriekettoernooi by Laerskool Die Arend se gronde en wen die Plaatfinaal. Verder neem hul ook deel aan 'n ses aan 'n kantoernooi in Thabazimbi waar hulle as wenners uit die stryd tree. Dieselfde span het ook deelgeneem aan 'n ses aan n kanttoernooi by Hoerskool Hans Moore waar hul gevorder het tot by die finaal en naaswenners was. Jayden Mostert en Nathan Steyn behaal die Blesbokspruitspan vir onder 12 en Zander Maree word gekies vir die Blesbokspruit en Easterns onder 13 span.

2016

Die 1ste span neem deel aan die KFC Krieketoernooi by Laerskool Die Arend en bereik die finaal vir die trofee en eindig as naaswenners in die toernooi uit 16 skole. Hul wen die Blesbokspruit liga en vorder tot by die finaal van die Easterns liga waar hul naaswenners was. Hul neem weer deel aan die ses aan 'n kanttoernooi in Thabazimbi waar hul hul titel van 2015 suksesvol verdedig deur algehele wenners van die toernooi te wees vir die 2de agtereenvolgende jaar. 3 van die seuns in hierdie span behaal die Blesbokspruitspan, naamlik. Andries Swart,Nathan Steyn en Jayden Mostert. Jayden Mostert word verkies tot die Easterns Onder 13 Streeksspan en Nathan Steyn behaal die Easterns onder 13 Nasionale span waar hy ook verkies was as die kaptein. Dit was die eerste keer dat 'n speler van Laerskool Dalview hierdie hoë vlak bereik. Twee van ons ander spanne bereik ook die finaal van hul onderskeie ligas, naamlik. Die onder 11 span en die 2de span. Juan Steyn word ook verkies tot die Easterns onder 11 span nadat hy die Blesbokspruitspan behaal het.