Atletiek

Laerskool Dalview bied atletiek aan en al die leerders kry geleentheid om uit te dun vir deelname aan atletiek.
Die Interhuis atletiek vind reeds in Oktober/ November plaas en bied aan die leerders die geleentheid om deel
te neem en te presteer in die item wat hulle die beste in is.

Deur die loop van die eerste kwartaal neem die leerders wat gekwalifiseer het by die Interhuis deel
aan verskeie byeenkomste. Laerskool Dalview leerders neem deel aan byeenkomste in Pretoria ens. wat hulle voorberei
vir die Interlaer wat in Februarie plaasvind.

Daar was hierdie jaar 50 leerders wat deur gegaan het na die Groter Brakpan en 30 leerders wat deurgegaan het na die
D5 byeenkoms. Ons het ook n leerder wat aan die SA kampioenskappe deelgeneem.

Laerskool Dalview se afrigters het ook kursusse bygewoon in Sasolburg en Malmesbury en is gekwalifiseer om kwaliteit
afrigting te doen. Daar is ook 6 afrigters wat Vlak 1 behaal het en 4 afrigters wat Vlak 2 behaal het.

Ons streef daarna om die beste vir ons leerders te gee en dit vir hulle lekker te maak om atletiek te doen.