70ste FEESVIERINGE – PLATINUM FEES

Hierdie jaar vier ons die skool se 70ste Verjaardag op 14 Oktober 2017 d.m.v ons PLATINUM FEES die naweek van 13-15 Oktober 2017. Verskeie aktiwiteite sal gedurende die naweek plaasvind. 4Werke tree Saterdag op. Helene Bester en Kristi-kat tree ook op saam met ons kore. Program vir die naweek sal volg.

Daar is verskeie aktiwiteite wat sal plaasvind gedurende die jaar om ons verjaardag te vier. Die 1ste kwartaal het ons alreeds 'n "Colour Run" en Boemelaarsdag gehad wat die leerders baie geniet het.

Hou die kommunikeerder en ons facebookblad dop vir verdere inligting…